|
|
|
|
|
|
Die gebruik van hierdie Webwerf, die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
SuproNet/BesigheidCenturion/CenturioNet is ook nie verantwoordelik vir die gehalte van al hierdie webwerwe nie aangesien sommige deur ander ontwerpers ontwikkel en in stand gehou word.
|
|
|
 |
|
| BesigheidCenturion |
Inskrywing - Entry |
| GRATIS insluiting in hierdie gids. Voorkeurplasing met logo ook beskikbaar teen billike prys. |
| Tel: (012) 653-2405 |
|
 |
|
| Computer Troubleshooters - Centurion |
www.ctcenturion.co.za |
| Herstel, instandhouding en ondersteuning van bedieners, rekenaars en netwerke op kliënt se perseel. Sluit programmatuur
(sagteware) en hardeware in. Gemagtigde (Goud) herverkoper van AVG anti-virussagteware. Ons spesialiseer in
diensooreenkomste en bestuurde dienste. Ons is deelvan 'n internationale groep met 500 takke. |
| Tel: (012) 654-1896 |
|
 |
|
| Infomatic IT (Pty) Ltd |
www.infomatic.co.za |
| Ons help organsiasies om hulle besigheidsprosesse te herdefinieer om voordeel te trek uit die insamel, verspreiding en lewering van inligting oor
verspreide netwerke ('wide area networks') soos die Internet, onder andere deur gebruik te maak van handdraagbare toerusting en SMS. Ons ontwikkel ook
webgebaseerde toepassings. |
| Tel: (012) 665-0973 |
|
 |
|
| SuproNet |
www.supronet.co.za |
| SuproNet verskaf dienste op die gebied van webontwerp, ontwikkeling, huisves, onderhoud en bemarking van webwerwe en verskaf ook raad oor bogenoemde aspekte. Kliënte in die Centurion-omgewing se webwerwe word bemark deur gebruik te maak van twee portale wat op Centurion fokus naamlik CenturioNet (‘n webwerf met algemene inligting oor Centurion) en BesigheidCenturion (‘n webwerf wat fokus op besigheid in Centurion) |
| Tel: (012) 653-2405 |
|
 |
|
| .Qbcle Computing CC |
www.qbcle.com |
| Verskaffer van rekenaarprodukte en -dienste aan die privaat- en besigheidsmark rondom Pretoria. |
| Tel: 083-410-6005 |
|
 |
|
| @Home Computer Geeks |
Geen - None |
| Ons besoek jou! Rekenaarinstallasies en -herstelwerk. Rekenaarnetwerke. Virusverwydering. Veilige datarugsteun ('Backup').
Grafiese ontwerp en meer. Skakel vir 'n gratis kwotasie vandag! |
| Tel: 082-356-1605 |
|
 |
|
| Bivium School for Developmental Instruction |
www.bivium.co.za |
| Bekostigbare opleiding in alle aspekte van rekenaarwese, vanaf absolute beginners, tot en met hoogs gevorderde en
gespesialiseerde toepassings. Noem u opleidingsbehoeftes, en ons sal iets daaraan kan doen. |
| Tel: (012) 664-1062 |
|
 |
|
| Bluemeg Technologies |
www.bluemeg.co.za |
| Pastel: sagteware, opleiding en ondersteuning. Goedgekeurde Pastel opleidingsentrum. Verkope van rekenaar hardeware.
Goedgekeurde Mecer verspreider. Fokus op Centurion en Midrand. |
| Tel: (011) 318-2683 |
|
 |
|
| Bodrum Paper |
Geen - None |
| Verskaffer van termostatiese (hittesensitiewe) papierrolletjies, Bondpapierrolletjies and faksrolle vir POS en FPOS terminale.
Billike Pryse. Spoedige aflewering. |
| Tel: (012) 653-2424 |
|
 |
|
| B-Squared |
www.b-squared.co.za |
| B-Squared is 'n spesialis integrasie maatskappy met Centurion, Stad Tshwane, as basis terwyl kliënte tot sover as Swaziland
bedien word. Ons fokus is die implementering van beproefde Linux-oplossings binne klein tot mediumgrootte organisasies (KMMOs).
Sodoende skakel ons die risiko verbonde aan roofsagteware en die hoë koste verbonde aan die aankoop en opgradering van Microsoft
sagteware uit. Terwyl ons maatskappye finansieel bemagtig, vergroot ons die Linux afdruk in Suider Afrika. Ons verskaf ook
ondersteuning vir persoonlike rekenaars en bedieners en het die vermoeë om bedryfstelsels soos die Microsoft bedryfstelsels,
OS/2, Apple, Linux, Novell en Unix te ondersteun. Die B-Squared produkreeks strek van brandmure en posbedieners tot volledige NT
domeinemulasiesagteware. Ons bied ook stemopname-, stempos- en POTS-oplossings. |
| Tel: (012) 664-6830 |
|
 |
|
| Bucky Systems |
www.bucky.co.za |
| Suid-Afrikaanse maatskappy wat sagteware ontwikkel. Ons ontwikkel hoë kwaliteit sagteware vir binne- en buitelandse
markte. Dienste sluit in ontwikkeling en verkoop van spesialissagteware, webontwerp, IT konsultasie en meer. Ons het ook
'n afdeling wat kwaliteit rekenaarhardeware verskaf teen kompeterende pryse. |
| Tel: (012) 665-1106 |
|
 |
|
| Cable Warehouse |
www.cablewarehouse.co.za |
| Cable Warehouse is 'n betroubare vennoot in die ITK sektor wat fokus op bemagtiging en ontwikkeling van ITK in Suid-Afrika.
Verskaf nuwe en herboude ITK toerusting binne die Suid-Afrikaanse mark. |
| Tel: (012) 323-1160 |
|
 |
|
| Centurion - @lantic Intenet Service Provider |
www.lantic.net |
| Kontak Hendre vir meer inligting oor ons billike pryse vir internet (inskakel ('dial-up'), ADSL, ISDN ens.), e-pos,
domainregistasie en nog vele meer. |
| Tel: 086-137-7333 |
|
 |
|
| Compendia Communication |
www.compendia.co.za |
| Omvattende kommunikasiedienste insluitende skakelwerk, mediadienste, webwerfontwerp, taaldienste en reël van funksies. "Ons
vertaan u kommunikasiebehoeftes" |
| Tel: (012) 661-8264 |
|
 |
|
| Computer & Network Services |
Geen - None |
| Verkoop van rekenaars teen bekostigbare pryse. Indien u meer besonderhede verlang, kontak my gerus. Ek verskaf ook gratis kwotasies en gee ook baie
goeie afslag aan besighede/skole indien op meduim tot groot maat gekoop word. |
| Tel: 083-348-9358 |
|
 |
|
| Design Media |
designmedia.co.za |
| Webbladontwerp en -ontwikkeling met inagneming van webwerfreëls. Soekenjinoptimalisering and 'n "minder is meer" uitgangspunt
ten opsigte van besigheidsbestuur. Korporatiewe beeld insluitende logo, grafiese ontwerp en mediabeplanning. |
| Tel: (012) 654-5449 |
|
 |
|
| Dynamicsite |
www.dynamicsite.co.za |
| Webontwikkeling, webhuisvesting, php, MySQL, html, programmerings, staties en dinamies. |
| Tel: 076-542-6321 |
|
 |
|
| Eleventh Dimension Software |
Geen - None |
| Benodig u sagteware-ontwikkeling of webwerwe? Ons bespaar u geld deur ons effektiewe diens en ons lewer op datum af.
Kontaksentrumoplossings, sagteware-ontwikkeling, webwerfontwikkeling, telefoontegnologie-oplossings en meer … |
| Tel: 072-903-7223 |
|
 |
|
| Elsabe Ferreira |
Geen - None |
| Ek bied 'n vryskut web redigeringsdiens. Sodra die webwerf ontwerp is kyk ek na die taal, spelling en boodskap vanuit 'n
openbare skakel oogpunt. My tariewe is billik en hang af van die hoeveelheid werk wat ek vir 'n maatskappy doen. |
| Tel: (012) 665-5871 |
|
 |
|
| FutureSoft |
www.futuresoft.co.za |
| FutureSoft is 'n webontwerpmaatskappy wat fokus op die klein, medium en groot besigheid. Ons dienste sluit webontwerp,
grafiese ontwerp, web "Hosting" en programmering in. |
| Tel: 082-786-6130 |
|
 |
|
| GNA Imaging |
www.2ndhandprojector.co.za |
| Koop en verkoop nuwe en gebruikte datavideoprojektors, tuisteatertoerusting en algemene oudio-visuele toerusting. |
| Tel: 082-327-5294 |
|
 |
|
| i2i Groep |
www.i2i.co.za |
| Die i2i Groep bied 'n eenstop I.T. diens aan alle besighede in Centurion en Pretoria. Kom ons hanteer jou I.T. |
| Tel: (012) 664-5904 |
|
 |
|
| iCreation |
www.icreations.co.za |
| iCreation is 'n afdeling van SA Consultants Consortium (Emds) Bpk en bied professionele webwerfontwikkeling teen
bekostigbare pryse. |
| Tel: (012) 665-0307 |
|
 |
|
| Ignite Business Services |
www.ignite.co.za |
| Ignite Business Services bied energieke fasilitering- en opleidingsdienste wat doelgemaak word om aan maatskappye se behoeftes
te voldoen en gefokus op verbeterde ervaring, waarde en leer. Fokusareas sluit in: Algemene Fasiliteringsdiens, Verheug my
Kliënt/Klant-Diens, Vaardigheidsontwikkelingsopleiding (ekstrene opleiding, fasilitering-, assessor- en medoratordienste), IT
Opleieidng: Stelseladministratsie en Unix, IT Sekerheid, platform-onafhanklike afstandbeheer van jou IT stelsel. |
| Tel: |
|
 |
|
| Innoweb IT |
www.innowebit.co.za |
| Ons spesialiseer in die Verkope en herstel van rekenaars tot netwerkinstallasies en Webbladontwerp. Ons het ook 'n Internet
Kafee en 'n groot LAN "Game Zone". |
| Tel: (012) 662-4331 |
|
 |
|
| IP Dimension (Pty) Ltd |
www.ipdimension.net |
| IP Dimension is reeds sedert 1997 in die IT nywerheid. Ons is trots op ons geskiedenis van uitstekende diens en die vermoeë
om kostedoeltreffende IT oplossings te verskaf wat doelgemaak is volgens die behoeftes van elke kliënt. Ons bied ook
hardeware, sagteware en verbruiksitems van bekende handelsmerke. Ons diens word op 'n persoonlike vlak gelewer met
kliënttevredenheid van uiterste belang. |
| Tel: (012) 665-4123 |
|
 |
|
| iProbuilder SA |
user9770.iprobuilder.com |
| Ons verskaf uitstekende doen-dit-self patroongebaseerde webontwerp vir klein, medium en mikrobesighede. Alles wat jy benodig om 'n professionele
werkende eHandel webwerf te skep, te huisves en by te werk. Ons verskaf ook Internetkommunikasiehulpmiddels soos VoIP (stem oor IP), ook bekend as
aanlynkonferensies, wat twee tot tweeduisend mense toelaat om via die Internet te ontmoet, te onderrig en veranderende inligting te deel. |
| Tel: (012) 660-3943 |
|
 |
|
| iStore |
www.istore.co.za |
| iStore is 'n afdeling van SA Consultants Consortium (Edms) Bpk en bied hardeware en sagteware verkope.Koop aanlyn op
www.istore.co.za of kontak ons vir uitstekende kwotasies. Aflewering binne 48 uur. |
| Tel: (012) 665-0307 |
|
 |
|
| ITEC Tshwane |
www.itecgroup.co.za |
| Ons verkoop nie bloot produkte nie, ons verkoop dokumentoplossings vir besighede. 'n Uitstekende produk is waardeloos
sonder 'n buitengewone maatskappy wat uitsonderlike klantediens en -ondersteuning lewer. Beheptheid met gehalte en
gereed-om-te-gebruik-oplossings - dit maak 'n verskil en maak Itec verskillend. Itec is 'n maatskappy wat oplossings
verskaf, nie net apparaat aflewer nie. |
| Tel: (012) 665-3933 |
|
 |
|
| Kainos Jirah Consulting cc |
Geen - None |
| Spesialiste in netwerke, bedieners ("servers")(hardeware en programmatuur), afstandsadministrasie en Wi-Fi-netwerke. Verskaf
hardeware en programme, tafelrekenaars (PCs), skootrekenaars en bedieners ("servers"). Kan ook hulp verleen met beplanning van
netwerke, implementering en volledige opgradering van besigheidstelsels. Besig om dienste uit te brei na programontwikkeling en
programmeringsdienste. |
| Tel: 083-445-1841 |
|
 |
|
| Kinetix Internet Services |
www.kinetix.co.za |
| Kinetix bied bekostigbare, professionele webhuisvesting & webtuiste-ontwerpdienste vir besighede en individue. Ons bied
ook blitsvinnige internettoegang - analoog "Dialup", ISDN, iBurst, Capped ADSL, Uncapped ADSL, Besigheids ADSL met 5
statiese IP adresse en VoIP. Daarby verkoop, opgradeer, herstel en diens ons rekenaars. Jou een-stop web / internet en
rekenaarwinkel. Vir rekenaar, web en internet rustigheid - Ons ontwikkel die toekoms! |
| Tel: 082-567-3439 |
|
 |
|
| Leeway Training & Development |
Geen - None |
| Ekstra rekenaarklasse vir skoolkinders met rekenaarstudie en basiese tot gevorderde rekenaaropleiding vir die gemeenskap |
| Tel: 082-397-5938 |
|
 |
|
| Mercury Thread Search Engine Optimization |
www.mercurythread.co.uk |
| Maatskappy wat spesialiseer in optimisering vir soekenjins. Lewer wêreldwye diens vanuit Skotland. |
| Tel: |
|
 |
|
| Modintech (Pty) Ltd |
www.modintech.co.za |
| Rekenaarondersteuning in die Centuriongebied. Ons kom na jou toe! Ons kan help met hardeware, Windows, Linux, netwerke, Internet,
e-pos and webtuistes. |
| Tel: (012) 665-2303 |
|
 |
|
| Mustard Seed Solutions |
www.findfastfree.com |
| Ons is plaaslike verteenwoordigers vir 'n nasionale besigheidssoekenjin genaamd FindFastFree.com. Lys jou besigheid
gratis (een sleutelwoord) of kry 'n mini-webwerf. Ons bemark ook jou besigheid aanlyn. Individuele oplossings word
verskaf. Kontak Adrian. |
| Tel: 082-440-1842 |
|
 |
|
| Nationalfax |
www.nationalfax.co.za |
| Ontvang jou fakse direk op jou rekenaar, GRATIS. Geen hardeware, sagteware of lyne nie. Fakse gaan direk na jou
eposadres. |
| Tel: (012) 651-3612 |
|
 |
|
| Nemisis Digital Systems |
Geen - None |
| Voorsiening van nuwe en herboude rekenaartoerusting, bedieners, drukkers, persoonlike rekenaars en skootrekenaars. CCTV
installering, sagteware en komponente. |
| Tel: 072-222-6491 |
|
 |
|
| Netfury ISP |
netfury.net |
| Netfury is 'n leier in internetdiensverskaffing en ons dienste sluit in internettoegang, VoIP, netwerke en elektroniese
bemarkingsoplossing. |
| Tel: |
|
 |
|
| Nina Britton Art & Design |
www.dzyne.co.za |
| Ons voorsien oplossings vir al jou kreatiewe behoeftes, vir unieke, stylvolle ontwerp in fyn kuns, grafiese onwerp
(korporatiewe identiteit tot uitnodigings en vele meer), webbladontwerp en -onderhoud plus vele meer. |
| Tel: 082-881-1895 |
|
 |
|
| NuQ (Edms) Bpk |
www.nuq.co.za |
| NuQ HR/Payroll - Moderne betaalrol stelsel (met HR) vir die 21ste eeu. Maklik om te gebruik. Ontwerp en getoets deur
Suid-Afrika se voorste kenner op die gebied, Ron Warren. |
| Tel: (012) 667-2970 |
|
 |
|
| o5webdesign |
www.o5webdesign.com |
| Wat help dit om 'n pragtige webtuiste te hê wat nie werk nie! Ons spesialiseer in die optimisering van Webblaaie vir soekenjins('SEO'). Maak seker jou
webtuiste is 'n bruikbare bemarkingsmiddel en 'n aanwins tot jou besigheid. Vra ons vandag nog vir 'n gratis kwotasie. |
| Tel: 083-957-9176 |
|
 |
|
| Onsite IT Support Solutions |
www.onsiteit.co.za |
| Ons doen rekenaarinstandhouding en -bystand vir klein tot medium ondernemings, netwerkinstallering en opgradering, hardeware- en
sagtewareverkope. Met meer as ses jaar ondervinding, laat dit u toe om te fokus op u besigheid in plaas van u rekenaarstelsels. |
| Tel: 084-209-2279 |
|
 |
|
| Ontoweb Media en Inligtingsdienste |
www.ontowebmedia.co.za |
| Publisering van e-boeke en advertering van boeke op die Internet. Help individue, families en klein ondernemings om 'n
teenwoordigheid op die Internet te verkry en hulle dienste te adverteer. |
| Tel: (012) 658-5060 |
|
 |
|
| Pocket-PA (2) |
Geen - None |
| Ooit gewonder waarom sakke vir skootrekenaars ('laptop') altyd swart is? Ek het. Nou verkoop ek skootrekenaarsakke in
enige kleur onder die son behalwe swart. Aangesien skootrekenaars soos 'n 'bykomstigheid' gedra word, ontwerp ons
kleurvolle sakke teen R120 (BTW ingesluit). Sou u verkies kan die bykomstigehede op die sak 'n ander kleur as die sak
wees. |
| Tel: 083-327-2851 |
|
 |
|
| Power-Lock SA |
www.i2i.co.za |
| Beskerm u waardevolle rekenaar teen diefstal met ons gepatenteerde kragslot. |
| Tel: (012) 664-5904 |
|
 |
|
| Pro Printer Repairs |
www.proprinter.co.za |
| Ons spesialiseer in die diens, herstel en verkomende onderhoud op alle drukkers. Laser, dotmatriks, inkstraal van HP,
Lexmark, Epson, Brother, Seikosha, OKI, Samsung, Kyocera, Canon en Panasonic. Ons is in Clubview geleë en kan diens verskaf
op u perseel in Pretoria, Centurion en Midrand. |
| Tel: (012) 654-6193 |
|
 |
|
| ShopFX |
www.shopfx.co.za |
| Gee jou besigheid die geleentheid om te groei in die wêreld van internet inkopies; dit sal jou 'n kompenterende
voordeel gee. Veilig, funksioneel, bekostigbaar en maklik om te gebruik - ShopFX is 'n aanlyninkopiestelsel wat beheer
word deur 'n aflynstelsel. |
| Tel: (012) 664-4054 |
|
 |
|
| SUPROKON Bestuursdienste |
www.suprokon.co.za |
| Suprokon Bestuurdienste lewer algemene bestuurs- en konsultasiedienste en fokus op marknavorsing (IT-bedryf) en projekbestuur met spesifieke vaardighede in ISO 9000, Internet, elektroniese handel en bestuur in die algemeen. |
| Tel: (012) 653-2405 |
|
 |
|
| Tantric Digital |
www.tantricdigital.co.za |
| Tantric Digital is 'n Gauteng-gebaseerde webontwerpateljee en verskaffer van netwerkinfrastruktuuroplossings en het ten
doel om hoë gehalte IT dienste aan klein besighede te verskaf. Ons skep en ontwerp vir groie, ons konsulteer vir
winsgewendheid en hou instand vir voortgesette produktiwiteit. Tantric Digital kombineer hierdie houding met baie jare
van netwerk- en ontwerpondervinding in die skep van standvastige, veilige en werkende netwerke en webwerwe. |
| Tel: (012) 653-0560 |
|
 |
|
| Teqcle Information Technologies (Pty) Ltd |
www.teqcle.co.za |
| IT van A-Z. Ons verskaf dienste oor die hele IT reeks insluitende installering van netwerke, rekenaarondersteuning
(Windows, Linux en Mac), bedienerondersteuning (Windows en Linux), programontwikkeling (.NET, J2EE, ens),
rugsteunoplossings, anti-virusoplossings, IT sekerheid, webontwikkeling en doelgemaakte oplossings. Ons verskaf ook
apparatuur (hardeware). |
| Tel: 0861 TEQCLE (837253) |
|
 |
|
| The BEE Registry |
www.beeregistry.org.za |
| The BEE Registry is 'n webportaal wat lede 'n gesamentlike werkruimte bied om hulle SEB-profiel (Swart Ekonomies
Bemagtiging-Profiel) aktief te bestuur en lede se kliënte en potensiële kliënte in staat te stel om hulle SEB status te
bevestig. Daarby bied ons 'n konsultasiediens aan organisasies wat SEB gesertifiseer wil word. |
| Tel: (011) 974-0777 |
|
 |
|
| The Business Centre |
Geen - None |
| Jou een-stop-kopieerdiens! Ons doen hoë-oplaag drukwerk, kopiëring, fakse, bindwerk, laminering, en verkoop inkpatrone ('cartridges'). Lisensiëring van
voertuie ook beskikbaar. Ons het 'n Internetkafee vir jou Internetbehoeftes. Besoek ons by Winkel 11, Highpark Sentrum op die hoek van Charles de
Gaullestraat en Loganlaan langs die More Flowers More Veg-winkel. Ons maak ook oop in die Eco Boulevard winkelsentrum, langs Checkers. |
| Tel: (012) 665-0973 |
|
 |
|
| Vox Telekommunikasie en Internet |
www.vox.co.za/spartacus/ |
| Verminder u telekommunikasie koste met tot 50%! Oproepe vanaf Vox na Telkom 39c per minuut en R1,49 na 'n selfoon. Vir
oproepe ontvang betaal Vox u 40c/20c terug. Die Vox koordlose ADSL telefoon en modem vanaf 49 per maand BTW ingesluit.
Registreer as 'n handelaar en verdien passiewe inkomste! |
| Tel: 084-245-5590 |
|
 |
|
| Web Builder SA |
www.webbuildersa.homestead.com |
| Ons ontwerp, bou, huisves en onderhou bekostigbare webwerwe. Ons fokus daarop om klein-, medium- en mikrobesighede te
help om 'n professinele webteenwoordigheid te hê. |
| Tel: 072-287-2828 |
|
 |
|
| Web Devine |
www.webdevine.co.za |
| Ons skep uiters doeltreffende webwerwe. Web Devine is 'n ontwerpsfirma met 'n bemarkinsfokus wat spesialiseer in ontwerp
en bemarkings idess op die voorpunt van ontwikkeling. Alle besoekers kom na 'n webwerf met 'n bepaalde doel. Dit mag wees
om meer te leer, om oortuig te word, om gerusgestel te word, om te registreer, ens. Deur hulle doel te verstaan en 'n
intuïtiewe ervaring te skep wat aan die behoeftes voldoen, kan ons besoekers omskakel na kliënte. |
| Tel: (011) 760-5694 |
|
 |
|
| WOW Photography |
www.wowphotography.co.za |
| Professionele fotografie en grafiese dienste, vir enige geleentheid. |
| Tel: 082-379-8370 |
|
 |
|
| xpedia |
www.xpedia.co.za |
| xpedia it - IT dienste en produkte, insluitend betaalrolapplikasie en dienste, konsultasie dienste vir finansiële,
menslike hulpbronstelsels (HR) en betaalrolstelsels asook kantooroplossings en nog meer… |
| Tel: (012) 667-2970 |
|
 |
|
| Zandrie Remote Backups |
Geen - None |
| Zandrie Remote Backups sal verseker dat u data daagliks gerugsteun word van 'n ander veilige plek weg van u perseel deur
die Internet. Opleiding word verskaf met installasie en hulp met die herstel van u data is gratis. |
| Tel: 079-495-2178 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Nie gevind waarna u gesoek het nie?
Probeer ook die volgende:
- Alternatiewe kategorieë verwant aan hierdie kategorie:
- Ons soekenjin om deur die hele BesigheidCenturion of selfs CenturioNet en SuproNet te soek.
- Die “Open Directory Project” se besigheidsgids vir Gauteng, Suid-Afrika
|
|
|