|
Advertering
Hierdie kategorie is vir besighede wat spesialiseer in advertensie- en promosiedienste. (Ons sluit
besighede wat Internet bemarking/promosies doen (vir hulle kliënte) hierby in.)
Hierdie kategorie is nie vir besighede wat hulle eie dienste (wil) adverteer nie.
|
|
|
|
Bemarking
Hierdie kategorie is vir besighede wat bemarkingsdienste lewer aan ander besighede. Dit sluit
konsultasie, marknavorsing en inligting oor bemarking in
|
|
|
|
Besigheidsdienste
Hierdie kategorie is vir besighede wat spesifieke dienste verskaf aan ander besighede.
|
|
|
|
Bestuur
Hierdie kategorie is vir webwerwe wat inligting bevat wat verband hou met die algemene veld van
bestuur. Dit sluit in webwerwe met inligting wat breedweg verband hou met bestuursteorie en toepassing daarvan en wat van belang is vir bestuurders en verwante professionele persone en praktyke betrokke by een of
ander aspek van bestuur (besighede, regering of akademies).
|
|
|
|
Boeke en Publikasies
Hierdie kategorie is vir webwerwe van besighede wat boeke, tydskrifte en ander publikasies verkoop of
verskaf.
Vir publikasie/uitgee van boeke, sien Uitgewery Vir drukwerk, sien Drukwerk
Nota: Hierdie kategorie is ontleen uit ODP se “Publications”, ‘n onderafdeling van “Shopping”
|
|
|
|
Bou, Konstruksie en Onderhoud
Hierdie kategorie bevat webwerwe met besigheidshulpbronne vir die nywerhede betrokke by ontwerp, bou en
onderhoud van geboue en vir verbruikers van sodanige dienste en produkte. Ons sluit ook verskaffers aan die bou- en konstruksiebedrywe en bou- en konstruksiebesighede hierby in.
|
|
|
|
Drukwerk
Hierdie kategorie is gemik op webwerwe wat verband hou met drukwerk. Dit sluit inligtings- sowel as
besigheidswebwerwe in. Ons sluit drukkers en verskaffers aan die drukkersbedryf hierby in.
|
|
|
|
Eiendom
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met die koop, verkoop, verhuring, ontwikkeling of
studie van vaste eiendom.
Verskaffers van finansiering vir eiendomme (verbande, uitleners) se webwerwe moet nie hier geplaas word
nie maar onder Finansiële Dienste.
|
|
|
|
Elektroniese Produkte
(verbruikers)
Hierdie kategorie bevat webwerwe van organisasies wat huishoudelike elektroniese toerusting soos
televisiestelle (TVs), radios, hoëtroustelle, videokameras, video-opnemers en ander oudio-visuele toerusting verkoop en herstel.
Sien ook Fotografie
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Energie (insluitende Elektrisiteit, Gas, Olie en Steenkool)
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met energie, metodes van opwekking van energie,
bronne, nywerheidsorganisasies, fasiliteite, tegnologieë en aanverwante dienste.
|
|
|
|
Finansiële Dienste
Hierdie kategorie sluit banke, lening en kredietverskaffing in.
Nota: Vir versekering, sien Versekering.
|
|
|
|
Fotografie
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met verkoop van fotografiese toerusting en dienste.
Sien ook Elektroniese Toerusting
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Gesondheid
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met gesondheidsorg en -produkte en sluit mediese
dienste, tandheelkundige dienste, sielkundige dienste, farmaseutiese produkte (medisyne) en verwante produkte en dienste in. Skoonheidsdienste en produkte word ook ingesluit.
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Huis en Tuin
Hierdie in ‘n baie breë kategorie wat alles insluit wat verband hou met produkte en dienste vir gebruik
in die huis en tuin. Dit sluit in meubels, gereedskap en produkte vir huisverbeterings, tuingereedskap, swembadtoerusting, plante en elektriese apparaat in.
Hierdie kategorie mag moontlik in die toekoms onderverdeel word.
Sien ook spesialiskategorieë soos:
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Inligtingstegnologie (IT)(insluitende Rekenaars en Internet)
Hierdie kategorie sluit alle aspekte van inligtingstegnologie in, insluitende rekenaarhardeware,
-sagteware (of programmatuur) en -dienste sowel as onderwerpe wat verband hou met die Internet.
Rekenaarhulpmiddels wat gebruik word in ander kategorieë hoort in daardie kategorie en nie onder IT
nie. So byvoorbeeld behoort webwerwe oor musiek, insluitende elektroniese musiek en rekenaarhulpmiddels vir musiek en musikante in die “Kuns en Vermaak”-kategorie.
|
|
|
|
Kantoorprodukte
Hierdie kategorie bevat webwerwe met inligting, produkte en dienste wat verband hou
met kantoorprodukte. Dit sluit kantoormeubels, skyfbehoeftes, kantoordienste en toerusting in.
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Kleinhandel
Hierdie kategorie is vir webwerwe van besighede wat verskaffers is aan die kleinhandelbedryf. Dit is
gemik op inligting, beoordeling van verskaffers, hulpbronne vir kleinhandelaars en vervaardigers van sekere items wat deur kleinhadelaars gebruik word.
Hierdie kategorie is nie vir kleinhandelaars nie, m.a.w. dit is nie vir webwerwe van besighede wat aan
die algemene publiek verkoop nie. Besigheidsgeleenthede, veelvlakbemarking en piramiede skemas sal ook nie hier toegelaat word nie.
|
|
|
|
Klere
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met verkoop van klere en dienste met betrekking tot
klere (maak, was, stryk, herstel en merk van klere).
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Kliëntediens
Hierdie kategorie bevat hulpbronwebwerwe met inligting wat verband hou met die wye veld van
kliëntediens (insluitende kliëntetevredenheid, tegniese ondersteuning, ens). Dit bevat ‘n kombinasie van inligtingswebwerwe wat breedweg verband hou met die teorie van kliëntediens en die praktiese toepassing
daarvan en wat van belang is vir professionele persone gemoeid met kliëntetevredenheid in alle nywerhede en beroepe. Dit bevat ook hulpbronlyste van persone (praktyke)(maatskappye, regering, akademies) wat betrokke
is by een of ander aspek van kliëntediens (konsultasie, fasilitering, opleiding, ens).
|
|
|
|
Konsultasiedienste
Besigheids/bestuurskonsultante is individue of organsiasies met kundigheid op die gebied van
besigheidsprosedures, praktyke en beleid. Alle soorte organisasies gebruik konsultante en die konsultante ontleed die organisasies vanuit ‘n wye operasionele perspektief terwyl hulle ‘n verskeidenheid vaardighede
toepas om ‘n spesifieke uitkoms, oplossing of resultaat te behaal.
Deur studie en ontleding los konsultante probleme op of verskaf oplossings om probleme te voorkom op
die gebied van bedryf van die besigheid, infrastruktuur en prestasie.
Konsultante vervul baie rolle wat wissel van ondersteuning binne ‘n bestaande span tot tydelike
leierskap op ‘n spesifieke probleemarea en ander onafhanklike aktiwiteite wat verrig word op versoek van die organisasie.
Nota: Let daarop dat “verkoopskonsultante”, oftewel bemarkers of verkoopsmense nie as verskaffers van
konsultasiedienste beskou word nie.
|
|
|
|
Kos en Verwante Produkte
Hierdie kategorie sluit webwerwe van handelaars van kos en verwante produkte of dienste (waaronder
verspreiding of konsultasie) verskaf wat verband hou met kos en verwante produkte. Ons sluit kleinhandelverskaffers van kos (soos kruidenierswinkels en restourante) by hierdie kategorie in.
Nota: Die ODP sluit koskleinhandelaars uit.
|
|
|
|
Kuns en Vermaak
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met die besigheidsaspek van die kuns- en
vermaakbedrywe. Dit sluit in bestuur, besprekings, produksie, verspreiding, toerusting en bemarking. Dit het dus te doen met verskaffers aan die kuns- en vermaakbedrywe.
Ons sluit webwerwe wat fokus op “kleinhandel” van kuns en vermaak in en die kategorie sluit dus
webwerwe van kunstenaars, teaters, gallerye en ander verskaffers van kuns en vermaak aan die algemene publiek in. Verskaffers aan kunsvlytwerkers en handelaars in voltooide kunsvlytprodukte word ook ingesluit (“arts
and crafts”) asook webwerwe wat inligting bevat oor hierdie bedrywe.
Vir kleinhandel in musiekprodukte (soos CDs, bladmusiek en musiekinstrumente), sien Musiek.
Nota: Die ODP sluit webwerwe wat fokus op “kleinhandel” van kuns en vermaak uit.
|
|
|
|
Landbou en Bosbou
Hierdie kategorie bevat webwerwe met inligting oor die landbou- en bosbounywerhede en webwerwe van
besighede betrokke by landbou en bosbou. Dit sluit kommersiële veeteelt in.
Hierdie kategorie sluit nie webwerwe wat verband hou met troeteldiere in nie.
|
|
|
|
Menslike Hulpbronne
Menslike hulpbronne omvat ‘n reeks onderwerpe wat almal verband hou met die “mensaspek” van die bedryf
van ‘n besigheid. Menslike hulpbronne bevat twee hoofkomponente: Menslike hulpbronbestuur (bestuur van mense) en menslike hulpbronontwikkeling (leer en ontwikkeling van werknemers). Groter ondernemers het gewoonlik
hulle eie menslike hulpbronnedepartement maar mag ook spesifieke dienste van spesialisfirmas inkoop. Kleiner maatskappye mag besluit om hulle hele menslike hulpbronnefunksie deur ‘n eksterne maatskappy te laat
bestuur.
Hierdie kategorie bevat webwerwe van ondernemings wat spesialiseer in lewering van dienste op die
gebied van menslike hulpbronne. Dit mag wees as menslike hulpbronnediensverskaffer aan ander ondernemings of as verskaffer van raad/hulpbronne/konsultasie dienste aan menslike hulpbronnedepartemente.
|
|
|
|
Musiek
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met die besigheid/bestuursaspek van musiek, in die
besonder webwerwe gemik op beroepsmense in die musiekbedryf sowel as webwerwe gemik op kleinhandel in musiek (soos handel in CDs, bladmusiek en musiekinstrumente).
Vir musiekuitvoerings en musikante, sien Kuns en Vermaak.
Nota: Die ODP sluit kleinhandel uit en fokus slegs op webwerwe wat verband hou met die
besigheid/bestuursaspek van musiek.
|
|
|
|
Mynbou en Boorwerk (insluitende Eksplorasie)
Hierdie kategorie is vir webwerwe van mynboumaatskappye, boormaatskappye en besighede wat die mynbou-
en boorbedrywe bedien.
|
|
|
|
Omgewing en Veiligheid
Hierdie kategorie is vir webwerwe wat verband hou met veiligheid en die omgewing.
Nota: Die ODP sluit slegs veiligheid by hierdie kategorie in en omgewingswebwerwe word verwys na ‘n
wetenskaplike kategorie. Aangesien BesigheidCenturion tans nie kategorieë buiten besigheid bevat nie, sluit ons wel besighede en ander inligtingswebwerwe wat verband hou met die omgewing by die kategorie in.
|
|
|
|
Reg (insluitende Advokate, Prokureurs, Wetgewing)
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met die reg en regspleging, insluitende regsfirmas,
regsinligting, primêre regsmateriaal, regshulpdienste, regspublikasies, regstegnologie, kundige getuies, litigasiekonsultante en ander diensverskaffers aan die regsprofessie.
|
|
|
|
Reis en Verblyf
Hierdie kategorie sluit alle webwerwe in wat verband hou met reis en verblyf, insluitende
reisagentskappe, verskaffers van reisprodukte, toerisme-inligting en verskaffers van verblyf (hotelle, gastehuise, ens.)
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie. Die ODP se “Travel” kategorie sluit egter slegs reistoebehore in.
|
|
|
|
Rekeningkundig
(Boekhouding)
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met die rekeningkundige professie.
|
|
|
|
Sekerheid
Die sekerheidsbedryf bestaan uit organisasies wat hoofsaaklik betrokke is by die beskerming van mense,
eiendom en inligting.
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat sekerheidsdienste, -produkte of ander professionele, wetenskaplike
of tegniese dienste (wat met sekerheid verband hou) aanbied aan persone, die regering en besighede.
|
|
|
|
Speelgoed en Speletjies
Hierdie kategorie bevat webwerwe wat verband hou met speelgoed en speletjies.
Sien ook Sport vir sporttoerusting
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Sport
Hierdie kategorie sluit alle webwerwe oor sportprodukte en dienste in. Dit sluit ook webwerwe van
professionele sportorganisasies in maar nie webwerwe oor sportgebeurtenisse nie.
Sien ook Kuns en Vermaak vir webwerwe oor sportgebeurtenisse.
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie. Die ODP sluit nie webwerwe van enige sportorganisasies in nie.
|
|
|
|
Telekommunikasie
Telekommunikasie is die nywerheid betrokke by (elektroniese) kommunikasie in enige vorm, byvoorbeeld
vastelyn, sateliet, telefoon en radio.
|
|
|
|
Troeteldiere
Hierdie kategorie sluit webwerwe oor alle produkte en dienste wat verband hou met troeteldiere in,
insluitende troeteldierhandelaars, kos, toebehore, versorging en veeartse wat troeteldiere behandel.
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Uitgewery
Hierdie kategorie is gemik op webwerwe van uitgewers van boeke, literatuur, tydskrifte, ens.
Hierdie kategorie sluit nie individuele boeke in nie.
|
|
|
|
Versekering
Hierdie kategorie bevat webwerwe oor verskeie soorte versekering en versekeraars.
|
|
|
|
Vervaardiging (insluitende fabriekswese)
Hierdie kategorie is vir webwerwe wat verband hou met die vervaardiging (produksie) van finale produkte
(goedere), onderdele of materiale.
|
|
|
|
Vervoer
Hierdie kategorie bevat webwerwe van besighede en organisasies betrokke by die vervoer van mense, vrag,
goedere, handelsvoorraad en produkte oor land, lug en see. Dit sluit ook in- en uitvoer, doanedienste, verpakking, berging en pakhuise in.
|
|
|
|
Voertuie
Hierdie kategorie sluit alle webwerwe in wat verband hou met motorvoertuie, insluitende
motorhandelaars, garages, brandstofverskaffers/vulstasies, paneelkloppers en ander motordienste.
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor binne die ODP se “business”-kategorie nie en is ontleen uit die
ODP se “shopping”-kategorie.
|
|
|
|
Ander
Hierdie kategorie sluit webwerwe in wat glad nie inpas by enige van die spesifieke kategorieë nie en
word slegs in uitsonderlike gevalle gebruik.
Nota: Hierdie kategorie kom nie voor in die ODP se klassifikasie nie.
|
|
|