Bannier - CenturioNet

Inligting oor Centurion:
CenturioNet
.

CenturioNet

Ontwikkeling en huisves
webwerwe:
SuproNet
.

SuproNet

 

 

Een vlak op in struktuur

Vorige kategorie                           Volgende kategorie

Vorige/volgende kategorie

Soekenjin

 
 

Bou, Konstruksie en Onderhoud


 

Adverteer hier!

Advertensie

Advertensie

Die gebruik van hierdie Webwerf, die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko. SuproNet/BesigheidCenturion/CenturioNet is ook nie verantwoordelik vir die gehalte van al hierdie webwerwe nie aangesien sommige deur ander ontwerpers ontwikkel en in stand gehou word.

 

Alternative Structures
Alternative Structures www.altstructures.co.za
Alternative Structures spesialiseer in skep van nuwe produkte en probleemoplossing op die gebied van metaalperswerk- en plastiekinspuitgietvormingprodukte ("plastic injection molding"). Sedert hulle toetrede tot die mark in 1993 het hulle ontwikkel tot 'n belangrike verskaffer van metaal antisplit- en merkplate aan die mark vir behandelde pale in Suid-Afrika. Hulle verskaf ook plastiekprodukte wêreldwyd.
Tel: (012) 653-5111

BesigheidCenturion
BesigheidCenturion Inskrywing - Entry
GRATIS insluiting in hierdie gids. Voorkeurplasing met logo ook beskikbaar teen billike prys.
Tel: (012) 653-2405

AGA Airconditioning Systems
AGA Airconditioning Systems www.agaonline.co.za
AGA Airconditioning Systems verskaf, installeer, onderhou en herstel lugreelings sedert 1987. Bekende handelsname soos LG, Panasonic, York en McQuay word met trots deur ons verkoop en gewaarborg. Besoek gerus ons nuwe webblad vir meer inligting.
Tel: (012) 663-3388

Atlantic Interiors
Atlantic Interiors Geen - None
Ons spesialiseer in installasies van muur-tot-muurmatte en gelamineerde vloere en is lid van die Top Carpets Groep. Ons verkoop alle bekende handelsmerke. Kom besoek ons vertoonlokaal in Centurion.
Tel: (012) 657-1223

BBA Bourekenaars
BBA Bourekenaars Geen - None
Bouprojekte: Of jy 'n huis bou of kommersieel - BBA doen kosteramings, uitvoerbaarheidstudies, tenderdokumentasie, maandelikse betalings, waardasies en die finale kosterekeninge. BBA doen materiaallyste vir eienaarbouers, deskundige getuies in regsgedinge en sertifisering van verhuurbare ruimtes.
Tel: (012) 663-8772

Building Matters
Building Matters Geen - None
Building Matters verskaf die volgende boumateriaal vir die konstruksienywerheid en doen-dit-self entoesiaste: Stene, sement, elektriese en loodgietersmateriaal, sand en klip, deure, vensters en rame, dakkappe, hyskrane en grondverskuiwingsapparaat te huur, ens. Skakel ons vir konstruksie, boubenodigdhede, dienste of algemene raad.
Tel: 074-113-8575

Canary Pave & Renovations
Canary Pave & Renovations www.canarypave.co.za
Ons doen plaveisel, teëlwerk, verfwerk, bou swembaddens, veranderings en herstelwerk. Geen werk te klein nie.
Tel: 076-824-6461

Centurion Loodgieters
Centurion Loodgieters Geen - None
Loodgieterswerk vir nuwe installasies aan huise en kantore, asook loodgieterswerk vir aanbouings aan bestaande strukture. Instandhouding en herstel t.o.v. gebarste pype, verstopte riole, gebarste geysers; herstel toilette, krane, alle lekkasies
Tel: (012) 664-5251

D.O. Sand & Stone
D.O. Sand & Stone Geen - None
Bousand, riviersand, pleistersand, bogrond, 13mm klip, 19mm klip, opvulmateriaal, bouersmengsel en meer. Ons lewer af in Centurion-omgewing.
Tel: 082-350-5717

Deleen Real Estate
Deleen Real Estate Geen - None
Deleen Real Estate doen eiendomsbemarking, herverkope en ontwikkeling in die Centurion en Kemptonpark omgewings. Ons is ook behulpsaam met vinnige finansiering en billike versekering.
Tel: (011) 393-9404

Disability Solutions (Pty) Ltd
Disability Solutions (Pty) Ltd www.disabilitysolutions.co.za
Disability Solutions is 'n Artikel 21 maatskappy en dus 'n organisasie sonder winsbejag. Ons doen toegangoudits vir enige gebou of terrein, insluitende bouplanne, bloudrukke en argitekstekeninge, om te toeganklikheid vir persone met gebreke te bepaal. Ons hou ook werkswinkels om personeel te bemagtig om gebrek te hanteer en om op toepaslike en regverdige wyse met persone met gebreke om te gaan by die werk, in die gemeenskap en op persoonlike vlak.
Tel: (012) 661-2924

Dream Renovators
Dream Renovators Geen - None
Ons spesialiseer in algemene verfwerk vir beide wooneenhede en kommersiële eiendom en verf van dakke, mure en omheinings. Ons doen ook droeëmure, hangende plafonne, plaveisel, hekoutomatisering en klein bouwerk.
Tel: 083-311-9412

Ecospan Projects
Ecospan Projects www.ecospan.co.za
Ecospan is 'n groot verskaffer van verskeie strukture in Gauteng: motorafdakke, palisades, kommersiële en industriële geboue, landbouskadunet en huurmotorhaltes.
Tel: (012) 808-3360

Elektro Door
Elektro Door www.elektrodoor.co.za
Motorhuisdeure, Motorhuisdeurmotors, Interkoms, Hekmotors, Geëlektrifiseerde Heinings, HerstelWerk, Herstelling van PC Borde, Silkwood® Houtbehandelingsprodukte.
Tel: (012) 347-0915

Esterhuizen Construction & Renovators cc
Esterhuizen Construction & Renovators cc www.esterhuizenconstruction.com
Ons spesialiseer in algemene bouwerk en die Opknapping van geboue.
Tel: 076-341-4861

GLP Construction
GLP Construction www.glp.co.za
Alle dienste onder een dak! Argitek, ingeneursdienste, TLB huur, grondwerke, gatgrawe, slootgrawe, rotsbreek, vlotfondasies, blaaie vir eerste vloer.
Tel: 083-445-0587

Golden Pond
Golden Pond www.goldenpondtrade.co.za
Ons verskaf al u afwerkingsprodukte om u woning te verbeter. Van teels tot verf en alles tussen-in. Kom besoek ons vertoonlokaal in die Celtis Ridge winkelsentrum, Heuweloord. Ons kom ook na u toe, so skakel gerus om 'n afspraak te maak.
Tel: 082-334-4583

Hanlou Distributors
Hanlou Distributors Geen - None
LP Gas installasies deur geregistreerde installeerders volgens SANS 10087 standaard. Installeer en onderhou van alle LP Gas stowe, verwarmers, kaggels, braaiers en waterverwarmers. Voorsien en installeer van brandblussers asook veiligheidstekens. Gratis kwotasies.
Tel: 072-125-1397

Hemcro Africa
Hemcro Africa www.hemcro.co.za
Watersuiweringsprojekte en Projekbestuur: Beplanning, ontwerp, vervaardiging, konstruksie, in bedryfstelling en projekbestuur van volledige multidisiplinêre watersuiweringsfasiliteite oor die totale spektrum, wat insluit die suiwering van drinkwater, riool en afvalwater, swembaddens, versagting en demineralisering met ioonuitruiling, ontsouting met omgekeerde osmotiese druk, Watersuiweringsprojekte en Projekbestuur: Beplanning, ontwerp, vervaardiging, konstruksie, in bedryfstelling en projekbestuur van volledige multidisiplinêre watersuiweringsfasiliteite oor die totale spektrum, wat insluit die suiwering van drinkwater, riool en afvalwater, swembaddens, versagting en demineralisering met ioonuitruiling, ontsouting met omgekeerde osmotiese druk, ens.
Tel: (012) 653-7340

Hoëveld Dekgras
Hoëveld Dekgras www.highveldthatchers.co.za
Highveld Thatchers verskaf unieke grasdekkuns wêredlwyd. Ons verskaf en voer dekriet - en gras uit en verskaf hout (pale) aan die dekbedryf. Highveld Thatchers het Afrika grasdekking tot ‘n fyn kuns ontwikkel en dakke van die hoogste gehalte opgerig. Die maatskappy verskaf ook ‘n verskeidenheid dekmateriaal aan die nywerheid, plaaslik en oorsee. Bykomstige dienste sluit in die behandeling van dekmateriaal en ‘n versekeringsprogram.
Tel: (012) 808-0521

J G S Developments
J G S Developments www.jgsdevelopments.co.za
Bou van alle wonings van eksklusief tot standaard eenhede op projekbestuursbasis. Aanbouings en verbeterings word ook met graagte behartig. NHBRC geregistreer. Gevestigde werkwinkel hanteer alle kombuise en studeerkamerkaste. Eerlikheid en integriteit is ons grondslag. Talle verwysings beskikbaar.
Tel: 083-556-6099

John Dore Carpets Centurion
John Dore Carpets Centurion Geen - None
Die installasie van matte en houtvloere
Tel: (012) 663-5093

Letlole GG Consultants
Letlole GG Consultants www.letloleconsultants.co.za
Letlole GG Consultants verskaf ‘n omvattende reeks dienste wat verband hou met argiteksontwerp en konstruksie van geboue. Dit sluit dienste in wat ook buite die bou-, konstruksie en fasiliteitsbestuurbedrywe toepaslik is. Hierdie meer algemene dienste sluit in opleiding, projekbestuur en bestuurskonsultasie.
Tel: (012) 549-3372

LFV Projekte
LFV Projekte lfvprojects.co.za
Boukonsultante en -kontrakteurs, projekbestuurders, argiteksontwerpers. Ons bou klein en groot. Vir professionele diens vanaf argitekte tot finansiering en afronding, ons sal help.
Tel: 084-550-4914

Martin Burger Interior Consultants CC
Martin Burger Interior Consultants CC Geen - None
Vir alle Ingeboude kaste, vanity kaste, tafels, argitrawe, deure en deurrame ens.
Tel: (012) 328-2888

Merljac
Merljac Geen - None
Vervaardiger van fietsdrarakke, mobiele toeskouerstaanplek (pawiljoene), advertensieborde, bushaltes, sluitkaste, metaalheinings, hekke, asblikbedekkings van hout.
Tel: 082-704-1594

Precision Solutions
Precision Solutions www.presol.co.za
Elektriese werk, alarms, kantoorverbeterings, huisverbeterings, droeëmure, hekmotors en nutsmandienste.
Tel: 076-817-0016

R&A Supplies
R&A Supplies www.allairaircon.co.za
Verkoop, herstel en diens van lugreëling , waterverkoelers, koel- en vrieskamers en swembadverwarmers. Tegniese inspeksies en verslae. Luggehalte en ander tegniese oudits.
Tel: (012) 644-1525

RG Kontrakteurs
RG Kontrakteurs Geen - None
Vir enige staalwerk, oprig van staalafdakke, installering van hekmotors en enige loodgieterwerk.
Tel: 072-962-8342

SA Grasdekkersvereniging
SA Grasdekkersvereniging www.sa-thatchers.co.za
Die SA Grasdekkersvereniging bestaan uit bona fide grasdakkontrakteurs en het ten doel die daarstelling, verbetering en handhawing van gehaltestandaarde en die uitbouing van die grasdakbedryf tot voordeel van grasdakkontrakteurs, die verbruiker en belangegroepe
Tel: (012) 841-3641

Swemgat Pools & Spas
Swemgat Pools & Spas www.swemgat.co.za
SWEMGAT skep inspirerende swembaddens en spas, waar die huis se ontwerp en omliggende landskap in ag geneem word.
Tel: (012) 663-9855

Vivid Contractors
Vivid Contractors Geen - None
Sekuriteit & Automatiese Hekke, Alarmstelsels, Bouwerk, Nuwe Huise & uitbreidings sowel as bouplanne, Waterdigtheidsbehandeling vir dakke ens., Staalwerk, Besproeiingstelsels, Verfwerk, Mure & Heinings, Teëlwerk, Onderhoud vir huise & meenthuise. Gratis kwotasies.
Tel: 083-719-3940

Window Perfect
Window Perfect Geen - None
Vir houtvensters, -deure, -deurrame. Doelgemaakte vensters & deure. Staal na hout vervanging.
Tel: (012) 667-1476

Zakanaka
Zakanaka Geen - None
"You'll love what the HANDYMAN can do for you!" Ons spesialiseer in die volgende: Verf van huisdakke en -mure; houtwerk; alle teëlwerk; beperkte bou- en elektriese werk; loodgietery (geen verstopte pype); diefwering en sekuriteitshekke; dienste op voertuie ouer as 1996. Kontak Erwin
Tel: 084-577-8801

 

 

Nie gevind waarna u gesoek het nie?

Probeer ook die volgende:

  1. Alternatiewe kategorieë verwant aan hierdie kategorie:
  2. Ons soekenjin om deur die hele BesigheidCenturion of selfs CenturioNet en SuproNet te soek.
  3. Die “Open Directory Project” se besigheidsgids vir Gauteng, Suid-Afrika

 

Rand - skeiding

Waarheen nou?

 

 

[BesigheidCenturion]

Jy
is
hierEen vlak opVorige bladsy op hierdie vlakVolgende bladsy op hierdie vlak

[Besigheidsgids] [Gids: Beskrywing] [Gids: Inskrywing] [Georganiseerde Besigheid] [Ekonomiese Data] [Besigheids- geleenthede] [Terugvoer] [Kopiereg]

<Vorige kategorie •  Volgende kategorie>

 

Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die Webmeester.

Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan SuproNet,
‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste.
Sien Kopiereg vir gebruiksvoorwaardes.
© 2002, 2003, 2004, 2005, 2006, 2007. Alle regte voorbehou.

 

 

Rand - onder